
Wat het Jessie de Waardt besiel om haar babadogtertjie in ´n kuil te verdrink nadat sy haar eers drooggemaak en gevoed het? En wie was die pa van die kind wat elf maande na haar man, Ses, se dood gebôre is? Hierdie vrae spook by die vroue op die Rôeveldse plase in Grootberg-se-Kloof terwyl Jessie by ´n bobbejaantrop skuil om speurders te ontwyk. Haar verdwyning kwel ook die mans, want Jessie se aardse vroulikheid het elkeen van hulle kwesbaar gemaak. Deur die oë van vier vroue ontvou die verhaal van Jessie en Ses se saamwoon in liefde en haat, en van die geheime en hunkeringe in die vrouelewens waarmee hare verweef geraak het.

1938 – 2005
Dalene Matthee is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap gebore. Altesaam 13 boeke het uit haar pen verskyn. Hoewel sy haar loopbaan met kinderstories en kortverhale begin het, is sy vandag veral vir haar vier “Bosboeke” bekend: Kringe in ‘n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos. Elke boek is deur deeglike navorsing voorafgegaan. Haar boeke is in 14 tale vertaal, en Kringe in ‘n bos en Fiela se kind word reeds vir meer as 20 jaar as voorgeskrewe boeke in skole gebruik. Haar werk is onder meer met die ATKV Prosa-toekenning (vier maal), die Suider Afrikaanse Instituut vir Boswese-toekenning (twee maal), die Switserse Stab-toekenning en die Departement van Kuns en Kultuur se SA Literêre T…
No reviews yet — be the first to write one from the Log screen.
No quotes yet.